







Gr 0.
Die leerplan bestaan uit ñ formele kurrikulum . Die kurrikulum is opgedeel in:
Geletterdheid, Syferdkundigheid en Lewensvaardigheid.
Geletterdheid.
Dit is jou tale in kort. Ons leer gediggies, temabesprekings, stories ens. Later die jaar doen ons die klanke (alfabet).
Syferdkundigheid.
In Syferdkundigheid (wiskunde) leer ons alles omtrent syfers en syfer-wiskundige komponente, minder as, lig, swaar, kort, lank ens,
Lewensvaardigheid.
Kuns en kultuur, waar ons bak en brou,musiek maak met instrumente,wetenskap en geskiedenis, aardrykskunde(leer van plekke en mense). Die lekkerste hier is seker beweging. Die leerders skerp hul groot motoriese vaardigheide op, sowel as ruimtelike oriëntasie (bo, onder, links, regs, binne, buite).
Deurlopend.
Fynmotoriese vaardighede, visuele en ouditiewe persepsies word ook verfyn en ontwikkel.
Die weke is ingedeel volgens temas en die aktiwiteite en lesse word daarvolgens uitgewerk en aangebied.
Gr 1-3
Gedurende die grondslagfase word die leerlinge onderrig in:
•Gesyferdheid
•Geletterdheid
(Engels + Afikaans)
•Lewensvaardighede (Kuns, Tegnologie, Motoriese vaardighede, Bybelonderrig, Fynmotoriese vaardighede, Christelike Lewensoriëntering)
Gr 4-7
Bybelonderrig, Wiskunde, Engels, Afrikaans, Geografie, Geskiedenis (MSW), Tegnologie, Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (EBW), Christelike Lewensoriëntering, Kuns en Kultuur.
Gr 8-9
Bybelonderrig, Wiskunde, Engels, Afrikaans, Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, (wat ñ volledige Rekeningkundige kurrikulum insluit).
Tegnologie (wat Rekenaartik insluit), Kuns en Kultuur, Geografie en Geskiedenis (wat MSW vorm) Natuurwetenskap en Christelike Lewensoriëntering.
Gr 10-12
7 Verpligte vakke: Christelike Lewensoriëntering, Afrikaans, Engels, Bybelonderrig. (Gr 12 het nie Bybelonderrig as eksamenvak vir die Nasionale Senior Sertifikaat nie). Vakkeuse: Wiskunde en Wiskunde Geletterdheid.
Oorblywende drie vakkeuses vir vakpakket kan uit die volgende vakke wat aangebied word, gekies word.
Rekeningkunde, Lewenswetenskap, Toerisme, Fisiese Wetenskap, Besigheidstudies en Rekenaartoepassingstegnologie.


